078 605 4978 | 082 717 0472

Ons Kursus

Vir kreatiewe denkers, dromers & toekomstige entrepreneurs

R

Betaal per Klas

R

Maandelikse Paaiemente

R

Eenmalige Betaling

Opgedateer: 2026

Terme & Voorwaardes

Ons hou dit eenvoudig hier — net die belangrikste punte. Jy sal ’n volledige registrasievorm met al die terme en voorwaardes ontvang wanneer jy inskryf.

Kursus Inskrywing
Reg om te begin? Vul jou inskrywing in en neem die eerste stap in jou web development reis.

Ons maak die proses eenvoudig en help jou om vinnig aan die gang te kom.

Betalingsopsies

Ons bied drie buigsame betalingsopsies sodat jy kan kies wat die beste by jou pas. Jy kan kies vir ’n eenmalige betaling, maandelikse paaiemente, of betaling per sessie. Jou betalingsplan geld vir die volle duur van die kursus.

Kansellasies & Terugbetalings
Kansellasies moet skriftelik ingedien word via e-pos.

Indien kansellasie 14 dae voor die kursus se begin datum plaasvind, kan ’n terugbetaling (minus administrasiegeld) oorweeg word.

Indien kansellasie minder as 14 dae voor die begin datum plaasvind, is geen terugbetaling van toepassing nie.

Sodra die kursus begin het, is geen terugbetalings van toepassing nie.
Indien ’n student klasse mis of die kursus op enige stadium staak nadat dit begin het, sal geen terugbetaling vir enige gemiste of oorblywende sessies gemaak word nie.

 

Bywoning & Deelname

Studente word verwag om alle geskeduleerde sessies by te woon.

Gemiste sessies word nie terugbetaal nie, maar kan waar moontlik kortliks tydens ondersteuningsure hersien word.

Aktiewe deelname word sterk aangemoedig om die meeste uit die opleiding te kry.

Studente moet te alle tye respekvolle en gepaste gedrag teenoor die opleier, aanbieder en mede-studente handhaaf.

Belangrik

Enige vorm van oneerbiedige gedrag, ontwrigting of onvanpaste optrede gee Wild Web Training die reg om ’n student se deelname onmiddellik te beëindig. In sulke gevalle sal geen terugbetaling gemaak word nie.

Ondersteuning Ná Opleiding
Ons stap nie net saam met jou tydens die kursus nie — ons laat jou ook nie net los daarna nie.

Elke student kry 1 maand se gratis ondersteuning ná voltooiing van die opleiding om jou te help indien nodig.

Jy kan ons kontak vir hulp via e-pos, WhatsApp.

Kursusmateriaal

Alles wat jy ontvang tydens die kursus — insluitend materiaal, templates en hulpbronne — is net vir jou persoonlike gebruik en mag nie gedeel, versprei of herverkoop word nie.

Die projekte wat jy tydens die opleiding skep, behoort aan jou. Jy kan dit gebruik, wys en daarop bou soos jy jou vaardighede ontwikkel.

Veranderinge
Ons behou die reg voor om hierdie terme en voorwaardes enige tyd aan te pas of op te dateer.

Enige veranderinge sal op ons website gepubliseer word en sal onmiddellik van krag wees sonder vooraf kennisgewing.

Registrasie

Empowering You!

Kursus Inskrywing Vorm

Na jou inskrywing sal ons vir jou ’n volledige dokument met ons Terme & Voorwaardes stuur vir jou om deur te gaan. Alle betalings word via EFT gemaak, en jou plek word slegs bevestig sodra betaling ontvang is.

Vat die eerste stap!

Ons respekteer jou privaatheid — jou data word veilig en volgens POPIA beskerm

Hierdie Kusus is vir

Entrepreneurs / Freelancers
Skoolverlaters
Jong volwassenes
Kreatiewe denkers
Skill Builders

Wat jy nodig het

Laptop / rekenaar
Internetverbinding
Basiese rekenaarvaardighede
1 uur per week

h

Kursus

4-maande program – 1 uur per week
Maklik om in jou lewe in te pas
Leer stap vir stap
Ondersteuning al die pad

Leeromgewing

Leer in ’n vriendelike, ondersteunende omgewing

Geen Druk

Geen druk — jy groei in jou eie tempo

Ons is saam met jou

Ons is saam met jou elke stap van die pad

Prakties

Bou selfvertroue terwyl jy prakties leer

error: Content is protected!!